Dis 'n redelike eenvoudige taak gewees – teken 'n spoedmeter wat aandui dat die spoed afneem. Gedoen.
Terloops, dis maar 'n stadige motor daai, want ons besef toe die spoed is 'n maksimum van net 100 km/h.
Konrad se pseudo-realistiese uitbeeldings bestaan gewoonlik uit sy eie vektorkuns waarvoor daar dan perspektief, kleurskakerings, weerkaatsings en skaduwees bygevoeg is vir realisme.
Vir hierdie uitgawe van Rode se steunpilaar-eiendomsekonomiese publikasie Rode's Report, het ons eenvoudig atletiekhekkies geskep (eers vektor, tóé piksel) wat teen 'n lae springhoogte gestel is om lae "hurdle rates" voor te stel.
Die agtergrond wys al die tipes eiendom wat deur die hoofstorie geaffekteer word – industrieel, residensieel en winkelsentrums. Dis was meer van 'n tegniese as 'n konseptuele uitdaging gewees.
Konrad het Coetzenburg stadion in gedagte gehad toe hy hierdie projek doen – van sy dae as student by die Universiteit van Stellenbosch. Daar was hierdie dam gewees – agter Coetzenburg – waar studente kon afkoel van die vrekwarm son in die somer. Goeie herinneringe.
Let wel: Ons skep nie ware 3-dimensionele illustrasies nie – slegs pseudo-3D, m.a.w. 2D illustrasies wat 3D namaak, maar wat daarom nie hééltemal so realisties is nie. Dis ideaal vir sommige redaksionele illustrasies.