Pieter de Waal, wie se wynhandelsmerk Hermit on the Hill se gewildheid steeds groei, het in 2010 'n beperkte uitgawe etiket nodig gehad wat "Oy Vey" gedoop is, as 'n Kersgeskenk vir vriende. Die titel het seker maar verwys na die resessie, of miskien na persoonlike woelinge, maar beide Konrad en Pieter was baie ingenome met die etiket.
David het Konrad genader vir 'n spotprent van 'n mislukte landingspoging om humor te voeg by sy vliegskool se sertifikate. Om die een of ander rede hou Konrad besonders baie daarvan om spotprente te teken wat dinge wys wat lelik skeefloop*, so hy't natuurlik hierdie ene nogal geniet.
* Seker dieselfde rede dat hy so baie hou van oordeelsdag-situasies soos die mitiese, komende zombie apokalips, of effens meer realisties, 'n virus soos weaponised Ebola of die werklike moontlikheid van mens-tot-mens voëlgriep wat die mensdom grootliks uitwis, as 'n vorm van swart humor.