Ons webontwerp dienste strek van aanlyn brosjure-ontwerp tot selfs nuus- en e-handel webwerf-ontwikkeling. Konrad se sterkpunte is oorspronklike, eenvoudige webtuiste-ontwerpe wat deur:
Maklike navigasie en
Vinnige laai-tye gekenmerk word, maar selfs meer belangrik, webtuistes wat
Maklik gevind word op Google.
Ons webwerwe betaal vir hulself in 'n baie kort tyd.
Om die waarheid te sê, die enigste vorm van bemarking wat Konrad gebruik vir sy werk, is hierdie einste webtuiste waarna jy nou kyk.
Sodra 'n kliënt se webwerfontwerp klaar is, gee ons beheer van die webtuiste oor aan hulle, anders as daardie R400/maand "gratis" webtuistes wat aan die einde van die dag meer kos, en wat kliënte verloor sodra hulle na 'n professionele (slegs R20+/maand) web-huisvesting wil verander, of wanneer hulle 'n ordentlike webtuiste wil laat bou.
'n Nuustuiste en aanlyn brosjure, die Rode & Genote webwerf is 'n toegangspoort tot die grootste eiendomsekonoom in Suid-Afrika – Rode se navorsingspublikasies en eiendomswaardasiedienste. Die Nuus-area is geskep om voornemende kliënte na die webtuiste te lok.
In sy vorige inkarnasie het ons dit as 'n e-handel webtuiste ontwerp, maar daardie funksie is laat vaar ná 'n paar jaar omdat die koste van veilige elektroniese transaksies in daardie tyd te hoog was.
Die webtuiste is in 3 verskillende adresse verdeel – rode.co.za, rodevaluations.co.za en rodeplan.co.za – om meer spesifieke dienste te lewer, wat goed is vir soekenjin-plasing en om klem te plaas op Rode se eiendomswaardasie- en stadsbeplanningsdienste.
Kom ons demystify 'n paar goeters. Daar's 3 dele waarvoor jy sal betaal:
Domain-naam registrasie – bv. die naam mymaatskappy.co.za – ±R100/jaar
Huisvesting ("hosting") – die bediener ("server") waarop jou webtuiste fisies sal lê – R20+/maand
Webwerf-ontwerp, soekenjin-optimering ens. – pryse is gewoonlik rondom R5 000, maar kan tot R20 000 wees, afhangende van watter van die volgende jy soek:
'n Gewone webtuiste wat jou aan die publiek bekendstel?
Of ekstras soos e-handel, forum, databasis, blog of webtuiste wat jy self kan bywerk.